Audiobooks narrated by Jaco Jacobs | LoveReading4Kids

Audiobooks narrated by Jaco Jacobs | LoveReading4Kids

Browse audiobooks narrated by Jaco Jacobs, listen to samples and when you're ready head over to Audiobooks.com where you can get 3 FREE audiobooks on us

3 audiobooks in our catalogue, every one with its narrator named.

[Afrikaans] - Vreemde dinge kan op 'n Dinsdag gebeur

"Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op 'n Dinsdag nie. Elke Dinsdag ná skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke. "Gaan soek vir jou 'n boek, Barto," sê Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie. Die Boekmeisie het nog nooit 'n woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag 'n bal skop, is dit die begin van 'n holderstebolder avontuur … vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie. In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs 'n moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding - gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer."

Jaco Jacobs (Author), Jaco Jacobs (Narrator)

[Afrikaans] - Die Meisie met Vlerke

"Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie - veral nie twee kinders nie."

Audiobook · 3 hrs 5 mins

[Afrikaans] - Oupa Zombie

"Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Victoriawatervalle en Egipte te siene kry! Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoper-kinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie."

Audiobook · 2 hrs 49 mins

©PTC International Ltd T/A LoveReading is registered in England. Company number: 10193437. VAT number: 270 4538 09. Registered address: 157 Shooters Hill, London, SE18 3HP. Terms & Conditions | Privacy Policy | Disclaimer

The National Year of Reading starts here. Join thousands of families and schools supporting reading for pleasure across the UK.